|
 |
The Society ► BRIEF AAN
VOORNEMEND STOETTELERS
[
KLIEK
HIER VIR DIE AFRIKAANSE WEERGAWE
]
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarde
Heer/Dame
AANSOEK OM
LIDMAATSKAP
Die Bestuur
van ons Genootskap het met waardering verneem dat u in lidmaatskap van
die Genootskap belangstel. Voltooi gevolglik asseblief die meegaande
aansoekvorm. Let daarop dat ons geen aansoek aanvaar sonder die nodige
bewyse van betalings aan die Genootskap sowel as SA Stamboek nie.
Ons moet u
daarop wys dat alvorens lidmaatskap aanvaar word, ʼn erkende stoetteler
van die Genootskap of een van ons tegniese beamptes die applikant moet
besoek om die saak met hom/haar te bespreek en seker te maak dat die
nodige fasiliteite vir stoetteling beskikbaar is, soos byvoorbeeld
kampe, krale, ʼn drukgang, ʼn skaal, ensovoorts. Sodra u voltooide
aansoekvorms dus ontvang is, sal ons met ʼn persoon in u omgewing of
een van ons beamptes reël om u vir hierdie doel te kom besoek.
STOETNAAM
Ooreenkomstig die Wet op die Registrasie van Stamboekvee is dit
verpligtend vir elke lid om 'n stoetnaam (voorvoegsel) te
registreer. Die Stamboekvereniging het die alleenreg om sulke
stoetname te registreer. Aangesien daar reeds duisende name vir telers
van alle rasse geregistreer is en aangesien die name van dorpe en
stede nie as ʼn voorvoegsel registreerbaar is nie, versoek ons u
vriendelik om aan ons ʼn lys van name in voorkeurvolgorde van u keuse
in te stuur waarvan een moontlik vir u as voorvoegsel geregistreer kan
word. Aangesien die meer algemene stoetname reeds vir ander telers
geregistreer is, beveel ons aan dat u die keuse van name so
oorspronklik as moontlik maak.
MINIMUM
PRODUKSIEVEREISTES VIR DIE AFRIKANER OOREENKOMSTIG DIE
KONSTITUSIONELE VEREISTES
Daar
moet aan die volgende minimum produksievereistes voldoen word:
1.
REPRODUKSIE
|
1.1 |
ʼn Vers
moet die vir die eerste maal VOOR of OP 42
maande ouderdom kalf. Dié vereiste geld vir alle verse wat
na 1 Januarie gebore is. |
|
1.2 |
Geen
tussenkalfperiode mag 790 dae oorskry nie.
|
|
|
• |
Die
Genootskap, in samewerking met SA Stamboek, sal jaarliks
die reproduksiestatus van alle vroulike diere nagaan. |
|
|
• |
Diere
wat nie aan die minimumvereistes voldoen nie, sal geïdentifiseer
word. Probleemgevalle sal skriftelik aan die eienaar bekend
gemaak word. Hierna het die eienaar drie maande tyd om
die probleemgevalle aan te spreek en die nodige terugvoer aan
die Genootskap te gee. Indien die kantoor geen skriftelike
vertoë of versagtende redes vir probleemdiere ontvang nie, het
die Genootskap die reg om SA Stamboek in kennis te stel dat geen
verdere kalwers van die koei vir registrasie aanvaar mag word
nie en die dier gekanselleer word. |
|
1.3 |
Vroulike diere moet aan die onderstaande minimum
vrugbaarheidsvereistes voldoen. Die eienaar sal drie maande
gegee word om te reageer, waarna die Genootskap aan SA Stamboek
sal opdrag gee om die nodige onherroeplike kansellasies te doen,
waarna geen verdere kalwers van die betrokke koei sal aanvaar
word nie. |
|
|
|
|
Aantal kalwings |
Maksimum gemiddelde
tussenkalfperiode (TKP) van koei |
|
2 |
730 dae |
|
3 en
4 kalwings |
660 dae |
|
5 en
meer kalwings |
500 dae |
2.
MELKPRODUKSIE
2.1
ʼn
Koei wat meer as twee kalwers speen met ʼn indeks onder 90 sal
summier geprul word.
(Nie ʼn afkeuringsvereiste nie, maar moet bloot as riglyn vir
melkproduksie gebruik word)
3.
GROEIVERMOË
(Deelname aan Prestasietoetsing is verpligtend vir alle Kategorie
A-lede, waar indekse as riglyne vir die eienaar en die keurder
dien.)
|
3.1 |
Verse (Fase B) |
|
|
a. |
Speenindeks 90 |
|
|
b. |
Jaarindeks 90 |
|
|
c. |
18-
maande-indeks 90 |
|
|
Indien verse voor 18 maande gekeur word, sal ʼn jaarindeks vereis
word. Andersins sal ʼn speen- en 18-maande- indeks vereis word.
Indien een indeks onder 90 is, maar die gemiddeld van die
beskikbare indekse 90 of hoër is, sal die dier gekeur word
indien die voorkoms besondere meriete het. |
|
|
|
|
3.2 |
Bulle (Fase B) |
|
|
a. |
Speenindeks 90 |
|
|
b. |
Jaarindeks 90 |
|
|
c. |
18-maande-indeks 90 |
|
|
d. |
Skrotumomvang minstens 30 cm. |
|
|
Geen
bul sal voor 18 maande ouderdom gekeur word nie en geen
uitsondering sal gemaak word nie. |
|
|
|
|
|
3.3 |
Bulle (Fase C en D) |
|
|
a. |
Speenindeks 90 |
|
|
b. |
Daaglikse groei-indeks (GDT) minstens 90 |
|
|
c. |
Groei-per-dag-van-ouderdom-indeks (GDO) minstens 90 |
|
|
d. |
ʼn
Skrotumomvang minstens 30 cm |
|
|
Bulle sal direk na afsluiting van ʼn
toets as ʼn groep gekeur word .
Alle afgekeurde bulle moet geslag
word. |
|
|
|
|
|
3.4 |
FUNKSIONELE VOORKOMS |
|
|
3.4.1 |
Diere met die volgende genetiese
afwykings sal uitgeskot word: |
|
|
a. |
Hipoplastiese testes |
|
|
b. |
Skewe
gesig |
|
|
c. |
Kort
en lang onderkaak |
|
|
d. |
Wollerige haarkleed |
|
|
e. |
Laminitus |
|
|
f. |
Erflike stertkinkel aan boonste helfte van stert |
|
|
g. |
Wilde
temperament |
|
|
h. |
Enige
ander duidelike genetiese afwykings. |
|
|
|
|
|
|
3.4.2 |
Die volgende uiterstes sal geprul
word: |
|
|
a. |
Swak
konstitusie |
|
|
b. |
Swak
bespiering |
|
|
c. |
Bulle
met vroulike of os-agtige voorkoms |
|
|
d. |
Verse
met manlike of os-agtige voorkoms |
|
|
e. |
Ponietipes of uitermate groot diere |
|
|
f. |
Baie
fyn of uitermate growwe bene |
|
|
g. |
Uitermate regop, sekel- of koeihakkig |
|
|
h. |
Duif-
of eendtonig, voorpote, krom voorbene |
|
|
i. |
Verse
met gebrekkige uierontwikkeling |
|
|
j. |
Enige
ander uiterstes |
-
Alle
amptelike prestasiegegewens en besonderhede van diere moet tydens
keuring beskikbaar wees.
-
Bulle
of vroulike diere waarvan die moeders nie binne bostaande norme ten
opsigte van reproduksie presteer nie, mag nie op veilings wat in
samewerking met die Genootskap gehou word, verkoop word nie.
PRESTASIETOETSSKEMA
Ons
Genootskap beskou prestasietoetsing as baie waardevol om lede te help
om hul diere op die mees effektiewe wyse te selekteer. Dit word dus
van lede verwag om by die prestasietoetsskema in te skakel en dit is
dan ook besluit dat lede nie later as drie jaar na aanvangs van
stoetteling by die skema moet aansluit nie.
Die beamptes van die Genootskap het ook
opdrag ontvang om ons lede met inskakeling by die skema sowel as hul
rekordhouding in verband met prestasietoetsing behulpsaam te wees.
Deelname aan Fase A en B van
die skema is verpligtend.
TATOEËRING
VAN DIERE
Soos in die
Verordeninge uiteengesit, moet alle diere binne 60 dae na geboorte met
ʼn nommer in die linkeroor getatoeëer word. ʼn Tweede kenmerk, hetsy
brand, oorkode of oorplaatjie wat met die tatoeëernommer ooreenstem,
moet ook op die dier aangebring word. ʼn Sleutel tot die oorkodestelsel
word aangeheg. Indien ʼn teler van oorplaatjies gebruik maak, moet die
plaatjies in die regteroor aangebring word.
Dit word
ook deur die Wet vereis dat alle kalwers met ten minste twee letters
(kuddemerk) in die linkeroor getatoeëer moet word, bo en behalwe die
tatoeëernommer. Aangesien die Genootskap self die kombinasies van
letters (kuddemerk) aan lede toeken, sal ʼn kombinasie vir u
geregistreer word sodra u aansoek om lidmaatskap ontvang word. Op een
van die stelle vorms wat aan u gestuur word, is voorsiening gemaak vir
kombinasies van letters in die volgorde van u keuse.
Die
tatoeëernommer (volgnommer), jaarnommer en kuddemerk kan as volg in
die oor aangebring word (byvoorbeeld vir ʼn dier in 1981 gebore met die
volgnommer 123 en die kuddemerk AB):
In dié
verband moet u ook asseblief die ingeslote besonderhede in verband met
die merk van diere bestudeer. Die vorm wat betrekking het op u keuse
vir die metode waarvolgens u u diere sal merk, moet asseblief
ingevul en saam met die aansoekvorms aan ons gepos word.
Die
Genootskap voorsien nie tatoeëertange nie. U kan dit van u koöperasie
of ander firma wat veemiddels verkoop, verkry.
KALFRAPPORTE
Die
Genootskap verskaf kalfboeke met vorms wat dien as kennisgewings van
geboorte van kalwers en aansoekvorms om registrasie. Die vorms is in
tweevoud en die oorspronklike vorm (die wit vorm) moet binne 90 dae na
die geboorte van die kalf aan die kantoor gestuur word.
ʼn
Kalfrapportboek sal aan u gepos word nadat u lidmaatskap gefinaliseer
is. Indien daar intussen kalwers van geregistreerde of registreerbare
koeie aankom, moet u ons asseblief per brief van die geboorte in
kennis stel deur die nommer van die koei sowel as die geboortedatum en
geslag van die kalf te verskaf sodat die kalf voorlopig genoteer kan
word. Sodra u die nodige kalfboeke ontvang, moet u kalfrapporte invul
vir al die kalwers wat by u gebore word (insluitend dié waarvan die
geboortes per brief gerapporteer is) en dit aan die kantoor stuur.
HULPSTAMBOEKDIERE
ʼn
Hulpstamboek vir suiwergeteelde Afrikaners is oopgestel.
Suiwergeteelde vroulike diere kan ná inspeksie en indien goedgekeur,
in die Hulpstamboek opgeneem word en kwalifiseer na twee geslagte vir
opname in die Volgeregistreerde Stamboek.
Indien u
suiwergeteelde Afrikanerverse of -koeie besit wat u graag vir die
Hulpstamboek wil laat keur, moet u ons asseblief verwittig, in welke
geval ons vir die keuring van u diere sal reël.
AANKOOP VAN DIERE
Wanneer
telers geregistreerde of registreerbare diere aankoop, is dit
gebiedend noodsaaklik dat hulle die kenmerke op die beeste moet
vergelyk met die kenmerknommers op die dokumente van die diere.
Indien daar enige bees is waarvan die kenmerk nie ooreenstem met die
kenmerknommer op die dokument nie, sal die Genootskap weier om die
dier na u naam oor te dra en moet u dadelik die saak met die verkoper
opneem.
GELDE BETAALBAAR
|
a. |
Jaarlikse Lidmaatskap
-
R500,00 + BTW. |
|
b. |
Kuddegelde.
Kuddegelde word jaarliks gehef op alle manlike en vroulike diere
twee jaar en ouer wat volgens die
rekords van die Genootskap op 1 Maart elke jaar in 'n lid se
besit is.
Die kuddegelde beloop tans R48,00
per dier per jaar met
'n minimum van R500,00
plus VAT
vir 1-10 diere.
Boetes op laatgeboortekennisgewings word ook gehef in die geval
van 92 dae en 2 x 10 dae oorskrydings |
NB: BTW sal
gehef word op gemelde fooie.
Bedrae onderhewig aan verandering
soos op Algemene Jaarvergadering besluit.
IDENTIFIKASIE VAN STAMBOEKDIERE
Volgens die
bepalings van die Konstitusie is dit verpligtend dat alle kalwers wat
van geregistreerde ouers aankom, binne 60 dae na geboorte met
die identifikasiemerke soos deur die Genootskap voorgeskryf,
getatoeëer word.
Hierdie
merke bestaan uit die volgende:
|
1. |
Die
kuddemerk soos deur die Genootskap aan elke teler toegeken vir
sy uitsluitlike gebruik. Hierdie merk bestaan uit twee of drie
letters wat in die dier se LINKEROOR saam met die
driejaarsyfer (sien no. 3) en die volgnommer van die dier (sien
no. 2) aangebring moet word. |
|
2. |
Die
volgnommer van die dier wat in die linkeroor saam met die
kuddemerk (sien 1 hierbo) en die jaarsyfer (sien 3)
getatoeëer moet
word. |
|
3. |
Die
jaarsyfer wat saam met die kuddemerk en volgnommer in die oor
aangebring moet word, naamlik die syfer 91 vir die jaar 1991, 92
vir die jaar 1992, ensovoorts.
Die kuddemerk, jaarsyfer en volgnommer kan as volg aangebring
word (byvoorbeeld vir ʼn dier met die kuddemerk AB, gebore in
1991 met volgnommer 123). |
|
|
|
|
|
U kan
enigeen van die volgende metodes kies om u diere te merk: |
|
|
|
|
|
|
a. |
Om elke
jaar by no.1 te begin.
Die bulle en verse wat in ʼn spesifieke jaar gebore word, kan dan met
een reeks genommer word. Met ander woorde, slegs een kalfboek word
gebruik, in welke geval no.1 ʼn bulkalf en no.2 ʼn verskalf kan wees,
ensovoorts, tot aan die einde van die jaar.
U
begin dan op 1 Januarie van elke kalenderjaar weer by no.1 en hou met
die reeks aan tot 31 Desember van daardie jaar.
Indien u
egter verkies om die bulle jaarliks van no. 1 af met ʼn reeks te merk
en die versies ook van no.1 af met ʼn aparte reeks, kan dit gedoen
word.
In albei
metodes hierbo na verwys, moet dit duidelik verstaan word dat die
reeks afsluit met die geboorte van die laaste kalf tot op 31 Desember
van die spesifieke jaar. |
|
|
|
|
|
|
b. |
Om by
no.1 te begin en aan te gaan tot no.999 en dan weer by no. 1 te
begin.
U kan hier ook een gesamentlike reeks gebruik vir bulle en verse
of u kan ʼn aparte reeks 1 tot 999 vir bulle en ʼn aparte reeks 1
tot 999 vir verse gebruik.
As u
op hierdie metode besluit, moet die nommers aangaan tot die
nommer 999 bereik word, al neem dit ook jare. U kan dan nie voor
die tyd weer na no.1 oorskakel nie.
U
moet asseblief die vorm in verband met die merk van diere wat by
die lidmaatskapvorms aangeheg is, voltooi deur u keuse aan te
dui en dit saam met die aansoekvorms om lidmaatskap aan ons pos.
Die
metode wat u verkies, word só op die rekenaar vasgelê en dit sal
dan in die toekoms vir u verpligtend wees om van die betrokke
metode gebruik te maak. |
|
|
|
|
|
4. |
Bo en
behalwe die tatoeëring moet ʼn tweede identifikasiemerk op die diere
aangebring word. Hierdie merk mag enigeen van die volgende wees: |
|
|
a. |
Oorkodesnye wat die tatoeëernommer
aandui, of |
|
|
b. |
ʼn Oorplaatjie in die regteroor met die
nommer van die dier daarop aangebring,
of |
|
|
c. |
ʼn
Brandnommer, dieselfde as die tatoeëernommer. Die brandnommer
word gewoonlik aangebring wanneer die dier oud genoeg is, maar
in elk geval voor inspeksie vir registrasie. |
|
|
|
|
|
|
Telers kan
dus enigeen van bogenoemde metodes saam met die verpligte tatoeëring
vir die merk van diere gebruik. |
OORKODESTELSEL
Die
oorkodestelsel (sien aangehegte voorbeeld) moet gebruik word
indien u verkies om kodesnye in plaas van oorplaatjies te gebruik of
om u diere te brand. Die tatoeëring, soos reeds uiteengesit, is
verpligtend.
Die Primrose McConnel-stelsel, waarvan ʼn voorbeeld aangeheg word, is
die enigste stelsel wat deur die Genootskap aanvaar word.
Dit moet
duidelik verstaan word dat die snye wat die eenhede aandui in die
linkeroor, en die snye wat die tientalle aandui, in die
regteroor van die dier aangebring moet word. Om die kode te lees,
moet die teler voor die dier staan en dit moet in gedagte gehou word
dat die dier se regteroor aan die linkerhandse kant van die teler is
en die linkeroor aan die regterhandse kant van die teler.
Die snye
vir die eenhede en tientalle kom altyd aan die buitenste
gedeelte van die dier se oor, terwyl die snye wat die honderde
aandui, aan die binnekant van die oor, d.w.s. naby die kop
aangebring word.
BRAND
Geskikte
brandysters is nodig om die diere te brand. Die brand word gewoonlik
op die linker- of regterblad, die linker- of regterboud, of die
linker- of regterheup aangebring. Daar is dus geen beperking op
die plek waar die brand aangebring mag word nie.
Dit is
wenslik dat die letters of syfers waarmee gebrand word, nie minder as
5 cm lank moet wees nie en dat die hoeke taamlik gedraai moet
wees. Dit is ook wenslik dat die hare vooraf verwyder word van
die oppervlak waar die brand aangebring word.
Om
identifikasie in die veld te vergemaklik, is dit wenslik om die
jaarnommer op die dier te brand, veral wanneer kodeknippe as tweede
merk saam met die tatoeëernommer gebruik word.
Telers wat
ʼn brandnommer as tweede merk saam met die tatoeëernommer gebruik, kan
dan die jaarnommer bokant of onderkant die volgnommer brand, of op die
blad, soos verkies word.
HOE OM ’N TATOEËERTANG TE GEBRUIK
|
1.
VOORBEREIDING VAN ’N TANG |
|
|
a. |
Die tang en
syfers moet behoorlik skoon wees. |
|
|
b. |
Sit
die syfers in die tang in die gewenste posisie en toets die tang
op ʼn stuk papier voordat u dit gebruik ten einde vas te stel of
die syfers reg aangebring is. |
|
|
|
|
|
2.
BENODIGDHEDE |
|
|
a. |
ʼn Blik
gewone stoofpolitoer of tatoeëerpasta (Zebra-stoofpolitoer is ʼn baie
gewilde merkstof.) |
|
|
b. |
ʼn Sagte
borsel of stewige kwassie. Indien stoofpolitoer gebruik word, moet dit
in pastavorm gebruik word. |
|
|
|
|
|
3.
HOE OM TE
TATOEËER |
|
|
a. |
Smeer die
tatoeëersyfers deeglik met die pasta deur gebruik te maak van die
kwassie. |
|
|
b. |
Plaas die
oor dan in die regte posisie (sien skets) tussen die kake van die
tang. |
|
|
c. |
Druk die
kake van die tang skielik en stewig saam totdat die syfers dwarsdeur
die oor knip |
|
|
|
|
|
OPMERKINGS |
|
|
a. |
Dit maak
nie saak as die pasta aan die syfers droog word voordat die tatoeëring
plaasvind nie. |
|
|
b. |
Moenie die oor probeer vryf voor tatoeëring nie – deur die oor
te vryf, stimuleer u die bloedomloop wat uitwissing van die
tatoeëermerke mag veroorsaak. |
|
|
c. |
Moenie tatoeëer as die oor vol bosluise is nie: sorg eers dat
die oor vry is daarvan. Die oppervlakte van die oor moet gesond
wees. |
|
|
d. |
As die oor
vuil is, kan die oppervlakte wat getatoeëer moet word net effens met
die duim of ʼn lappie in brandspiritus gedoop skoongemaak word. |
SKETS:
Binnekant van die linkeroor

HOE OM DIE TATOEËERTANG TE GEBRUK:
Hiermee
aangeheg die bylae soos op datum wat ek dit het. Indien moontlik, kan
oom dalk net seker maak of alles reg verander is en dalk die nodige
voorstelle vir veranderings aanbring.
|
1. |
Die
tatoeëertang moet sorgvuldig tussen die kraakbeenriwwe
aangebring word. |
|
2. |
Die
stippellyn wys die regte posisie van die syferkaak van die tang aan. |
|
3. |
Die merk
kan in die middelste of onderste vlak van die oor aangebring word,
maar verkieslik in die middelvlak. |
|
4. |
Dit
word aanbeveel dat indien telers die tatoeëerletters en syfers
in een ry tatoeëer, en die syfers eerste geplaas word sodat dit
nie aan die haarbedekte punt van die oor raak nie, bv.123AB. die
letters kan ook onder of bo die syfers aangebring word,
byvoorbeeld |
|
|
|
|