|
 |
The Society ► GESKIEDENIS
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die
geskiedenis van die Afrikanerbees in Suid-Afrika is ʼn
interessante geskiedenis en het ʼn noue verbintenis met die
geskiedenis van die land se mense. Hierdie tipiese Box
indicus diere, die belangrikste van ons inheemse rasse, was
die eerste beeste wat Jan van Riebeeck teëgekom het kort nadat
hy aan die Kaap geland het. Daar is min inligting oor die
oorsprong van die ras. Die mees waarskynlike teorie is dat dit,
in sy mees primitiewe vorm, op die steppe van Asië vanuit die
wilde beeste van daardie tyd ontstaan het. Sedert daardie tyd
het dit van die lateraal-gehoringde Zebu afgestam sonder enige
infusie van vreemde bloed.
|
Hierdie geharde, geen-moeite-ras het ʼn aantal uitstaande
eienskappe waar sy waarde in kruistelingsprogramme in
besonder waardeer word. |
Dit
het ongeveer 2000 jaar gelede vanaf Aden na Afrika gekom en
tydens opeenvolgende eeue geleidelik suidwaarts gemigreer, met
slegs die diere wat die beste aangepas het by droë toestande,
ekstreme hitte, tropiese siektes en beide interne en eksterne
parasiete, wat uiteindelik die suidelike punt van die kontinent
bereik het. So lank terug as die 15de eeu het Portugese matrose
gerapporteer dat die Hottentotte in die suid-westelike streek
van die land al reeds kuddes van hierdie beeste besit het.
Suid-Afrikaanse boere het egter eers teen ongeveer 1912 begin om
die Afrikaner se uitstaande kwaliteite te na waarde te skat. Toe
is daar, hoofsaaklik te danke aan die pogings van Alex Holm,
hoof van die Potchefstroom Landboukollege en ʼn voorstaander van
die ras, ʼn stamboek saamgestel sodat beplande teling kon
plaasvind om die ras se ontwikkeling na die Afrikaner wat ons
vandag ken, te beheer. Nie baie mense is daarvan bewus dat,
enkele jare vantevore, die ras amper uitgewis is toe groot
getalle as gevolg van die runderpes gevrek het of gedurende die
Suid-Afrikaanse Oorlog vernietig is nie. As ʼn direkte gevolg is
verskeie eksotiese rasse hoofsaaklik van Brittanje en Europa
ingevoer om die land se uitgedunde beesgetalle op te bou.
|
 |
HET VEE SUIWER GEHOU
Alhoewel ʼn groot hoeveelheid tussenteling op daardie stadium
plaasgevind het, het hulle, tot hulle krediet, daarin
geslaag om hulle Afrikanerkudde suiwer te hou, en die
voortgesette bestaan van hierdie geharde ras verseker.
Van
die prominente telers was Jozef du Plessis van Rietfontein
Plaas, Kroonstad, wat sy kudde intak gehou het. Ander wat begin
het om hulle rasegte kudde op te bou, het die bekende Malan-,
Pieterse-, Ras-, De Wet-, Lubbe-, Greyling-, Van Biljon- en
Jordaan-families wat almal ʼn betekenisvolle rol in die
ontwikkeling en verspreiding van die ras gespeel het, ingesluit.
|
|
DIE AFRIKANER WORD MET GOEIE REDE DIE GEEN-MOEITE-RAS GENOEM
Lewendehawespesialiste
sê die Afrikaner het nie die kompakte, blokagtige
konformasie soos baie van die Britse vleisrasse nie. Dit het
langer bene, dog goeie diepte, en ʼn gespierde rug, lende,
kruis en bobeen, maar ʼn redelike vlak lyf.
Dit blyk amper ʼn jammerte te wees dat die kenmerkende lang,
wye en elegant- gedraaide horings in
soveel advertensies polled en selfs rasegte kuddes
[Ek het geen idee wat hierdie beteken nie – sien Engels
ook]. ʼn Volwasse Afrikanerbul weeg 820–1090 kg en ʼn
koei 450–600 kg. Jong bulle wat in die veld met slegs ʼn
fosforlek en sout grootgemaak word en op die ouderdom van
27–30 maande geslag word, lewer gemiddeld ʼn karkas van 250
kg.
|
 |
|
|
|
|
 |
Wanneer
bymiddel egter gegee word, soos by voerkrale, word dieselfde
massa in 18–22 maande geproduseer. Die vleis is sag en
sappig en die karkas is in aanvraag by
verbruikers. Die vleis is van hoë kwaliteit en sag, smaaklik
en sappig, en in ʼn kruistelingsprogram verbeter die
Afrikaner die kwaliteit van die vleis van die ras waarmee
dit gekruis is, veral wat sagtheid betref (De Bruyn, ADSRI,
Irene). Miskien is een van die belangrikste eienskappe van
die Afrikaner die ras se geskiktheid vir kruisteling met
eksotiese vleisrasse. Die waarde van rasegte Afrikaner bulle
in kommersiële kuddes, wanneer met graadkoeie van gemengde
afkoms gepaar, het herhaaldelik die goeie ontwikkeling en
uitstekende pryse wat deur die nageslag gerealiseer word,
getoon. ʼn Ander uitstaande eienskap is die Afrikaner se
weerstand teen die meeste van die land se endemiese siektes,
soos rooiwater, hartwater en galsiekte. Wanneer daar in ʼn
gebied geteel word waar hierdie siektes voorkom, verkry jong
Afrikanerbeeste immuniteit deur hulle moeder se melk. Die
beeste is goed aangepas by veldtoestande in die warm, droë
en ekstensiewe weidingsgebiede van die land en reageer goed
op intensiewe voeding. |
|
|
|
|
As ʼn suiwer vleisproduserende ras, lewer die Afrikanerkoei
uitstekende en voldoende melk vir sy kalwers. Eksperimente
het getoon dat, tydens die soogperiode van 210 dae, die kalf
gemiddeld 900 liter melk verbruik. Die koei het
uitstekende
moedereienskappe. Dit is algemeen om op baie plase ʼn enkele koei te sien
wat deur verskeie kalwers omring is wat deur haar opgepas
word, terwyl hulle eie moeders besig is om te wei of na
afgeleë waterpunte op pad is. As hulle goeie weiding en
voldoende varswater gegee word, kalf die koeie gereeld een
keer per jaar. As gevolg van die koei se effense hangende
kruis en wye vaginale kanaal, is daar min, indien enige,
kalfprobleme. Kalwers weeg by geboorte ongeveer 34 kg, wat
ook maklike en ongekompliseerde kalwing verseker. Die ras
floreer in ekstreme hitte. |
 |
Hierdie besondere eienskap word toegeskryf aan die ruim area van
sy dik huid, wat twee keer soveel sweetgaatjies het as dié op
die beeste wat in Europa geteel word.
Die
kort, sterk, glansende hare ontmoedig ook bosluis aanvalle. Die
ovaalvormige konformasie en effense sekelbene van die Afrikaner
stel dit in staat om lang afstande sonder inspanning af te lê.
Boere het gerapporteer dat dit tot 40 km per dag kan aflê, selfs
in rowwe of sanderige omgewing. Die Afrikaners is een van die
vleisrasse wat in die kortste tyd vir bemarking klaargemaak kan
word en bykans die enigste ras wat van die veld af binne die
mees gewenste ouderdom en karkasmassaspelings klaargemaak kan
word om die ideale karkas te produseer. Die ras is ook in die
voerkraal binne die kortste tyd bemarkbaar, 102 dae in
vergelyking met ʼn gemiddeld van 111 dae (Sandfontein voerkraal).
|
 |
Die diere gebruik vee-lekke spaarsamig, met eksperimentele
proewe wat aandui dat ʼn gemiddelde lek ongeveer R14 per koei
oor 250 dae kos. Die Afrikaner is ook opmerklik vir sy
langlewendheid en dit is nie ongewoon dat ten minste 10%
van die koeie in ʼn veekudde 16
jaar
en ouer is nie. Oor die algemeen prul telers die oomblik wat
die koei begin om ʼn onverskilligheid om haar kalwers groot
te maak, te vertoon. Kalwers word gewoonlik teen 210 dae
gespeen om hulle dragtige koeie tyd toe te laat om weereens
voor te berei om hulle volgende goed-ontwikkelde en gesonde
kalwers te produseer.
Op 210 dae weeg die vroulike kalf ongeveer 205 kg en die
bulkalwers ongeveer 225 kg, terwyl die koeie tussen 350–450
kg elk weeg. |
Proewe by die Glen Landboukollege het getoon dat 100
Afrikanerkoeie en -kalwers gemaklik op dieselfde veldgebied wat
normaalweg 80 koeie met kalwers van eksotiese rasse sou dra, kan
onderhou. In toetse by ʼn eksperimentele stasie, was die netto
leeftydinkomste van die Afrikanerkoei baie groter as dié van
vier ander vleisrasse wat in dieselfde toetse gemonitor is. Die
proewe het ook getoon dat die kalfoorlewingskoers van die
Afrikaner in twee opeenvolgende jare onderskeidelik 92 en 100%
was. Die Afrikaner het ook sy merk in verskeie oorsese lande
gemaak. Dit het alles in 1929 begin toe ʼn bul en twee koeie aan
die Koning van Engeland as ʼn geskenk van die plaaslike
telersgenootskap gegee is. Die diere was vir baie jare te siene
in die Whipsnade Park. Groot getalle is vanaf die vroeë
dertigerjare uitgevoer, en word tot vandag toe nog voortgesit.
|
ʼn
Paar maande gelede is meer as 100 Afrikaners byvoorbeeld na
Mosambiek gestuur, met meer bestellings wat gaan volg. By
vier geleenthede het ʼn Afrikaner die gesogte goue beker wat
aan die hoogste kampioenvleisdier by die Randse Paasskou
toegeken word, gewen.
Die
ras het ook die hoogste kampioene by die Windhoekskou in Namibië
die afgelope twee jaar, sowel as verlede jaar by die Gobabisskou
geproduseer. Die Afrikanerbeestelersgenootskap is in 1912 gestig
en by die stigtingsvergadering is die standaarde vir
uitnemendheid en die punteskaal vir die ras bepaal. Die
genootskap se president is mnr. David van der Linde van
Standerton en die visepresident is mnr. Pierre Fouché van
Leeudoringstad. |
 |
Die waardesisteem van die Genootskap en sy lede is as volg:
-
Totale samewerking as ʼn span, waar in mekaar se sukses en
vreugde gedeel word.
-
Integriteit van ons tellers.
-
Akkurate rekordhouding.
-
Promogation [?]
van minimum
-
Vrugbaarheidvereistes
vir instandhouding van registrasie van vroulike diere.
-
Hoë professionele standaarde; administratiewe dienste van die
hoogste kwaliteit.
-
Aanbieding van kursusse, verkope, boeredae, skoue en die
Nampo-uitstalling.
|