The Society  GESKIEDENIS 
 
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die geskiedenis van die Afrikanerbees in Suid-Afrika is ʼn interessante geskiedenis en het ʼn noue verbintenis met die geskiedenis van die land se mense. Hierdie tipiese Box indicus diere, die belangrikste van ons inheemse rasse, was die eerste beeste wat Jan van Riebeeck teëgekom het kort nadat hy aan die Kaap geland het. Daar is min inligting oor die oorsprong van die ras. Die mees waarskynlike teorie is dat dit, in sy mees primitiewe vorm, op die steppe van Asië vanuit die wilde beeste van daardie tyd ontstaan het. Sedert daardie tyd het dit van die lateraal-gehoringde Zebu afgestam sonder enige infusie van vreemde bloed.
  

Hierdie geharde, geen-moeite-ras het ʼn aantal uitstaande eienskappe waar sy waarde in kruistelingsprogramme in besonder waardeer word.

Dit het ongeveer 2000 jaar gelede vanaf Aden na Afrika gekom en tydens opeenvolgende eeue geleidelik suidwaarts gemigreer, met slegs die diere wat die beste aangepas het by droë toestande, ekstreme hitte, tropiese siektes en beide interne en eksterne parasiete, wat uiteindelik die suidelike punt van die kontinent bereik het. So lank terug as die 15de eeu het Portugese matrose gerapporteer dat die Hottentotte in die suid-westelike streek van die land al reeds kuddes van hierdie beeste besit het.

Suid-Afrikaanse boere het egter eers teen ongeveer 1912 begin om die Afrikaner se uitstaande kwaliteite te na waarde te skat. Toe is daar, hoofsaaklik te danke aan die pogings van Alex Holm, hoof van die Potchefstroom Landboukollege en ʼn voorstaander van die ras, ʼn stamboek saamgestel sodat beplande teling kon plaasvind om die ras se ontwikkeling na die Afrikaner wat ons vandag ken, te beheer. Nie baie mense is daarvan bewus dat, enkele jare vantevore, die ras amper uitgewis is toe groot getalle as gevolg van die runderpes gevrek het of gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog vernietig is nie. As ʼn direkte gevolg is verskeie eksotiese rasse hoofsaaklik van Brittanje en Europa ingevoer om die land se uitgedunde beesgetalle op te bou.

HET VEE SUIWER GEHOU

Alhoewel ʼn groot hoeveelheid tussenteling op daardie stadium plaasgevind het, het hulle, tot hulle krediet, daarin geslaag om hulle Afrikanerkudde suiwer te hou, en die voortgesette bestaan van hierdie geharde ras verseker.

Van die prominente telers was Jozef du Plessis van Rietfontein Plaas, Kroonstad, wat sy kudde intak gehou het. Ander wat begin het om hulle rasegte kudde op te bou, het die bekende Malan-, Pieterse-, Ras-, De Wet-, Lubbe-, Greyling-, Van Biljon- en Jordaan-families wat almal ʼn betekenisvolle rol in die ontwikkeling en verspreiding van die ras gespeel het, ingesluit.
  

DIE AFRIKANER WORD MET GOEIE REDE DIE GEEN-MOEITE-RAS GENOEM

Lewendehawespesialiste sê die Afrikaner het nie die kompakte, blokagtige konformasie soos baie van die Britse vleisrasse nie. Dit het langer bene, dog goeie diepte, en ʼn gespierde rug, lende, kruis en bobeen, maar ʼn redelike vlak lyf.

Dit blyk amper ʼn jammerte te wees dat die kenmerkende lang, wye en elegant- gedraaide horings in soveel advertensies polled en selfs rasegte kuddes [Ek het geen idee wat hierdie beteken nie – sien Engels ook]. ʼn Volwasse Afrikanerbul weeg 820–1090 kg en ʼn koei 450–600 kg. Jong bulle wat in die veld met slegs ʼn fosforlek en sout grootgemaak word en op die ouderdom van 27–30 maande geslag word, lewer gemiddeld ʼn karkas van 250 kg.

   

Wanneer bymiddel egter gegee word, soos by voerkrale, word dieselfde massa in 18–22 maande geproduseer. Die vleis is sag en sappig en die karkas is in aanvraag by verbruikers. Die vleis is van hoë kwaliteit en sag, smaaklik en sappig, en in ʼn kruistelingsprogram verbeter die Afrikaner die kwaliteit van die vleis van die ras waarmee dit gekruis is, veral wat sagtheid betref (De Bruyn, ADSRI, Irene). Miskien is een van die belangrikste eienskappe van die Afrikaner die ras se geskiktheid vir kruisteling met eksotiese vleisrasse. Die waarde van rasegte Afrikaner bulle in kommersiële kuddes, wanneer met graadkoeie van gemengde afkoms gepaar, het herhaaldelik die goeie ontwikkeling en uitstekende pryse wat deur die nageslag gerealiseer word, getoon. ʼn Ander uitstaande eienskap is die Afrikaner se weerstand teen die meeste van die land se endemiese siektes, soos rooiwater, hartwater en galsiekte. Wanneer daar in ʼn gebied geteel word waar hierdie siektes voorkom, verkry jong Afrikanerbeeste immuniteit deur hulle moeder se melk. Die beeste is goed aangepas by veldtoestande in die warm, droë en ekstensiewe weidingsgebiede van die land en reageer goed op intensiewe voeding.

   

As ʼn suiwer vleisproduserende ras, lewer die Afrikanerkoei uitstekende en voldoende melk vir sy kalwers. Eksperimente het getoon dat, tydens die soogperiode van 210 dae, die kalf gemiddeld 900 liter melk verbruik. Die koei het  uitstekende  moedereienskappe. Dit is algemeen om op baie plase ʼn enkele koei te sien wat deur verskeie kalwers omring is wat deur haar opgepas word, terwyl hulle eie moeders besig is om te wei of na afgeleë waterpunte op pad is. As hulle goeie weiding en voldoende varswater gegee word, kalf die koeie gereeld een keer per jaar. As gevolg van die koei se effense hangende kruis en wye vaginale kanaal, is daar min, indien enige, kalfprobleme. Kalwers weeg by geboorte ongeveer 34 kg, wat ook maklike en ongekompliseerde kalwing verseker. Die ras floreer in ekstreme hitte.

Hierdie besondere eienskap word toegeskryf aan die ruim area van sy dik huid, wat twee keer soveel sweetgaatjies het as dié op die beeste wat in Europa geteel word.

Die kort, sterk, glansende hare ontmoedig ook bosluis aanvalle. Die ovaalvormige konformasie en effense sekelbene van die Afrikaner stel dit in staat om lang afstande sonder inspanning af te lê. Boere het gerapporteer dat dit tot 40 km per dag kan aflê, selfs in rowwe of sanderige omgewing. Die Afrikaners is een van die vleisrasse wat in die kortste tyd vir bemarking klaargemaak kan word en bykans die enigste ras wat van die veld af binne die mees gewenste ouderdom en karkasmassaspelings klaargemaak kan word om die ideale karkas te produseer. Die ras is ook in die voerkraal binne die kortste tyd bemarkbaar, 102 dae in vergelyking met ʼn gemiddeld van 111 dae (Sandfontein voerkraal).

Die diere gebruik vee-lekke spaarsamig, met eksperimentele proewe wat aandui dat ʼn gemiddelde lek ongeveer R14 per koei oor 250 dae kos. Die Afrikaner is ook opmerklik vir sy langlewendheid en dit is nie ongewoon dat ten minste 10%  van die koeie in ʼn veekudde 16 jaar en ouer is nie. Oor die algemeen prul telers die oomblik wat die koei begin om ʼn onverskilligheid om haar kalwers groot te maak, te vertoon. Kalwers word gewoonlik teen 210 dae gespeen om hulle dragtige koeie tyd toe te laat om weereens voor te berei om hulle volgende goed-ontwikkelde en gesonde kalwers te produseer.

Op 210 dae weeg die vroulike kalf ongeveer 205 kg en die bulkalwers ongeveer 225 kg, terwyl die koeie tussen 350–450 kg elk weeg.

Proewe by die Glen Landboukollege het getoon dat 100 Afrikanerkoeie en -kalwers gemaklik op dieselfde veldgebied wat normaalweg 80 koeie met kalwers van eksotiese rasse sou dra, kan onderhou. In toetse by ʼn eksperimentele stasie, was die netto leeftydinkomste van die Afrikanerkoei baie groter as dié van vier ander vleisrasse wat in dieselfde toetse gemonitor is. Die proewe het ook getoon dat die kalfoorlewingskoers van die Afrikaner in twee opeenvolgende jare onderskeidelik 92 en 100% was. Die Afrikaner het ook sy merk in verskeie oorsese lande gemaak. Dit het alles in 1929 begin toe ʼn bul en twee koeie aan die Koning van Engeland as ʼn geskenk van die plaaslike telersgenootskap gegee is. Die diere was vir baie jare te siene in die Whipsnade Park. Groot getalle is vanaf die vroeë dertigerjare uitgevoer, en word tot vandag toe nog voortgesit.

ʼn Paar maande gelede is meer as 100 Afrikaners byvoorbeeld na Mosambiek gestuur, met meer bestellings wat gaan volg. By vier geleenthede het ʼn Afrikaner die gesogte goue beker wat aan die hoogste kampioenvleisdier by die Randse Paasskou toegeken word, gewen.

Die ras het ook die hoogste kampioene by die Windhoekskou in Namibië die afgelope twee jaar, sowel as verlede jaar by die Gobabisskou geproduseer. Die Afrikanerbeestelersgenootskap is in 1912 gestig en by die stigtingsvergadering is die standaarde vir uitnemendheid en die punteskaal vir die ras bepaal. Die genootskap se president is mnr. David van der Linde van Standerton en die visepresident is mnr. Pierre Fouché van Leeudoringstad.

Die waardesisteem van die Genootskap en sy lede is as volg:

  • Totale samewerking as ʼn span, waar in mekaar se sukses en vreugde gedeel word.

  • Integriteit van ons tellers.

  • Akkurate rekordhouding.

  • Promogation [?] van minimum

  • Vrugbaarheidvereistes vir instandhouding van registrasie   van vroulike diere.

  • Hoë professionele standaarde; administratiewe dienste van die hoogste kwaliteit.

  • Aanbieding van kursusse, verkope, boeredae, skoue en die Nampo-uitstalling.

  
 
 

                                                                             

 

                
© 2009 - 2011 The Afrikaner Cattle Breeders' Society of South Africa    •    Terms & Conditions and Privacy Policy    •    Website designed, hosted & maintained by 123 Internet