|
President's Report / Presidentsverslag -
Pierre Fouché
99 Jaar wat ons reeds bestaan! Wonderlik! Kom ons kyk
terug wat het die afgelope jaar alles gebeur. Die verslag
gaan ek dan ook doen onder verskillende hoofde met elke
bestuurslid verantwoordelik vir elke portefeulje:
1) Kantoor. (Pierre Fouché & David van der Linde)
Met Herman en Lauren aan die stuur van die kantoor het
sake glad verloop. Probleme, navrae, notules en opdragte
is vinnig afgehandel. Herman se bedanking het ons onkant
gevang, maar hy is darem nie heeltemal verlore vir die
genootskap nie. Die raad het hom gekoopteer op die bestuur
en sal op ‘n deeltydse grondslag betrokke bly by
genootskap. Hy sal help met artikels, boeredae ens. Baie
dankie Herman! Hy het ook aangesluit as volwaardige lid by
die Afrikaners en Afrisims, baie geluk.
Lauren het haar eerste joernaal puik opgestel en baie
geluk daarmee.
2) Rasdirekteur (Herman Duvenage)
Herman het gesorg vir artikels in Veeplaas,
Landbouweekblad, Farmers’ Weekly en ander tydskrifte. Hy
het letterlik die land deurkruis van die Noorde tot die
Suide, asook SWA besoek. Hy het Botswana ook besoek vir
moontlike markte net om u ‘n idee te gee, die volgend
statistieke:
Persone besoek: 81, waarvan 18 kommersiële telers was en
63 Stoet telers
Km gereis vir die jaar: 79612km
Elke maand is daar ‘n verslag gedoen en ‘n maandprogram
ingedien by Bestuur.
3) Bemarking (Dr. Pieter de Kock)
Nuwe pamflette word opgestel. Reël van ‘n groot
perskonferensie in Bloemfontein oor afrikaner vleis se
voordele bv. sagtheid van vleis, lae kolesterol, inhoud
van vleis, ens. Daaruit vloei ‘n paar radio onderhoude en
baie goeie terugvoer. Die Pers Konferensie verskyn ook in
die Volksblad en die Landbouweekblad en ons hoop die
konferensie sal werklik ‘n inpak hê vir Afrikaner
Veldvleis.
4) Finansies (Neels van Rooyen)
Die uitgawes is goed bestuur, daarom dat die werklike
uitgawes en die begroting klop. Daar is wel van die
belegging aangewend, maar ons finansies is nog gesond.
5) Veldvleis (Obie du Plessis)
Obie vergewis hom van standaarde of vereistes van
veldvleis in VSA. Hy woon ook kongres by op sy eie
onkostes in die VSA. Individuele persone begin Afrikaner
vleis bemark en die Cloete’s van Vryburg deel met die
genootskap ‘n mark in die Rand met ‘n premie.
Veldvleis is ‘n projek wat dalk vir ons voel moet vinniger
vorder maar dan moet daar meer finansiële voordele wees.
6) Infusie (Estienne Cronjé)
Die projek word in samewerking met die genootskap
gemonitor en beheer. Die teelbeleid word streng toegepas
en Stamboek help baie in die verband. F4 diere word vir
finale voor ‘n keurkomitee van die genootskap vir
goedkeuring voorgelê. n Volledige verslag is saamgestel
oor die verloop van die Infusie projek oor die jare t.o.v.
van speen gewig, groei en reproduksie. Die bevindinge en
verslag sal met die Infusie lede bespreek word waarna ‘n
verslag aan die bestuur voorgelê sal word.
7) Afrisims (Julian Balt)
Lynton Vermaak word tot nuwe voorsitter verkies. Baie
geluk aan hom. Die teelbeleid word
verfyn. Daar is groot moontlikhede vir uitbreiding, huidig
staan ons op 12 lede en 1145 diere.
8) Tegnies (Chris Goosen, Martin Ras, Estienne
Cronjé & Herman Duvenage)
Beoordelaars kursusse word aangebied op verskillende
plekke. Die bestuur het een vergadering net afgestaan om
bees te praat. BAIE positiewe gedagtes het vorendag gekom
en sal gedeel word met lede op die komende boeredag.
Senior keurders sal ‘n dag by mekaar kom en keurings sal
in klubverband gedoen word vir volgende jaar, keurings sal
ook met ‘n vaste program plaasvind.
9) Klubs (Julian Balt)
Elke klub voorsitter sal die geleentheid kry om tydens die
AJV ‘n verslag te doen oor sy klub se aktiwiteite die
afgelope jaar. Dankie aan Noordwes klub vir die goeie
uitstalling op Nampo . Die stalletjie het baie navrae en
belangstelling uitgelok.
10) LNR (Siebert Vermeulen)
Geluk aan Willie & Susan Cloete met die besonderse
prestasie van die toekenning van Farmers’ Weekly “Best
productive cow award”
Baie geluk aan Juwel of Africa met die bul wat die
Afrisims op Pretoria Skou by die Fase C prestasietoetsklas
verteenwoordig het.
Siebert lewer goeie insette op die raad, help met die
trek van rekords oor produksie syfers en spreek die raad
aan oor eie rekord houdings.
11) Veilings (Bestuur)
Die raad voel dat daar strenger beheer uitgeoefen moet
word met veilings. Die standaarde vir veilings sal ook al
hoër gestel word vir veilingsdiere wat aangebied word.
NW veiling:
Hoogste Prys behaal: R60
000 Omset: R2.13 miljoen
Potch Produksiegroep veiling:
Hoogste prys behaal: R33 000
Omset: R391,500
Hoopstad Veiling:
Hoogste prys behaal: R36
000 Omset: R1.64 miljoen
Afrisim Veiling:
Hoogste prys behaal: R22
000 Omset:
R299,600
Die afrisim veiling het nie afgeloop soos wat ons gehoop
het nie, maar ons werk daaraan om meer vroulike diere op
die veiling aan te bied.
12) 2012 Feesvieringe & Gedenkboek (Jan Zyl)
Met die afsterwe van Paul Alberts word die Gedenkdoek eers
op die langebaan geskuif. ‘n Gedenkjoernaal sal vroeg in
Februarie 2012 uitgebring word. Die feesvieringe sal ook
oor ‘n tydperk versprei word deur die jaar. Die program
sal kortliks soos volg daarna uitsien:
-
Bylaag in Landbouweekblad
-
Worcester Skou, wat deur Herman Duvenage, Lauren
Tissier en Ricus Strauss, President van Worcester Skou,
gereël sal word.
-
Vryburg Skou, Chris Goosen en die Kalahari Klub
neem die verantwoordelikheid hiervoor.
-
Nampo, Obie du Plessis en die NW Klub gaan Nampo
aanpak
-
Thabazimbi Skou sal deur Dr Pieter de Kock & die
Noord & Oos TVL Klub gereël word
-
‘n Nasionale Veiling sal ook gehou word en die
Tegniese Komitee en Vrystaat Klub is verantwoordelik vir
die Veiling.
-
Die finale Dinee sal te Bloemfontein plaasvind en
persone verantwoordelik hiervoor is Pierre Fouché,
Lauren Tissier en die Sentrale Klub.
Uitnodigings sal deur die loop van die jaar aan almal
gestuur word.
Hiermee my dank aan al die bestuurslede vir julle
positiewe gesindheid wat ons 99 bestaanjaar ‘n sukses kon
maak. Ek sê ook ‘n baie groot dankie aan almal wat ‘n
bydrae gemaak tot sukses, hoe gering, dankie! Sterkte aan
families wat geliefdes aan die dood afgestaan het.
Welkom aan al ons nuwe lede ons weet jul gaan nog groot
bydraes maak in die Afrikanerbeeswêreld! Ons sien uit na
2011 en ‘n groter 2012!!!! |