|
 |
Other ►
EEUFEESVIERING 2012
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hiermee net
‘n paar voorlopige gedagtes wat beplan word vir die geleentheid.
-
Om die
Afrikaner op die voorgrond te bring as suksesvolle, ekonomiese,
inheemse, mediumraam veldvleis beesras.
-
Om
stoettelers en diere te vermeerder.
-
Om trots
vir die ras te bewerkstellig.
-
Suksesvolle
eeufeesviering.
Gedenkjoernaal:
Hierdie jaar het ons besluit dat ons nie ons jaarlikse joernaal gaan
uitbring nie, maar in plaas daarvan gebruik maak van ons 100 jarige
bestaan om 'n gedenkjoernaal te publiseer. Hierdie joernaal sal die
geskiedenis van die ABTG tesame met bemarking, advertensies en die
geskiedenis van ons lede en natuurlik die toekoms van die ABTG behels.
Vir die persone wat sou belangstel om in die gedenkjoernaal te
adverteer, kontak asseblief vir Lauren Tissier op 051 447 7405 /
afcattle@intekom.co.za.
Vieringe:
Eerstens sal ons begin op Worcester. Baie planne is gemaak om
al die bywoners van die Skou op 'n wyn toer te neem, gevolg deur 'n
seekos aand. Finale reëlings word nog getref en besonderhede sal
binnekort op die webwerf verskyn.
Ons sal dan voortgaan met ons vieringe by Vryburg, Nampo en
Thabazimbi.
'n Nasionale veiling word later in die jaar beplan waar top
kwaliteit Afrikaners aangebied word.
Stoettelers
moet nou al hierdie veiling in gedagte hou met elke keuring en
ouerskapseleksie vir die toekomsgenerasies..
Dit sal 'n veiling wees wat nie misgeloop kan word nie!
Dan sal ons eeufeesviering in styl tot ‘n einde bring, en nooi
ons alle Afrikaner lede - oud, huidige & voornemend, om die aand saam
met ons te geniet met ons finale dinee in
Hoopstad.
Ons is in die proses met die reëlings van al hierdie
gebeurtenisse, dus vra ons u om uit te kyk vir enige “updates” op ons
webwerf en ook uitnodigings na ieder en elke fees!
Almal se ondersteuning en bydraes sal opreg waardeer word.
Kom ons maak 2012 'n jaar om te onthou!
|