|
The Breed ►
STOETBUL SELEKSIE
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die
stoetteler ’n stoetbul kies, moet hy die mark en die behoeftes
van die kommersiële beesboer ken en daarna streef om dit te
bevredig.
Die kommersiële boer,
aan die ander kant, moet die stoetteler inlig oor sy behoeftes
en dan bereid wees om die teler in dienooreenkomstig die
kwaliteit van sy produk te vergoed. Hy behoort gewillig te wees
om minstens die prys van vier kommersiële koeie vir een bul te
betaal.
Die boer het twee
oogmerke wanneer hy ’n stoetbul kies, naamlik om kalwers te
produseer en sy stoet geneties te verbeter. Sy keuse is daarom
belangrik vir die sukses en winsgewendheid van sy onderneming.
Een van die redes
waarom dit vir die boer belangrik is om die regte keuse te maak,
is dat talle prominente en minder prominente abnormaliteite
oorerflik is in bulle. Die verwydering van onwenslike gene wat
deur ’n bul in die stoet ingebring is, is ʼn lang en moeilike
proses. Die volgende is voorbeelde van abnormaliteite:
ABNORMALITEITE RAKENDE VRUGBAARHEID
Vrugbaarheid is ekonomies vyf keer belangriker as groei en tien
keer belangriker as karkaseienskappe. Die volgende
abnormaliteite kan voorkom:
-
skede te lank of te
vlesig
-
testes te klein of
abnormaal, byvoorbeeld hipoplasie of chryptorchidisme
-
skrotum oormatig
gedraai
-
semen-abnormaliteite
-
gebrek aan libido
(geslagsdrif)
-
geslagsiektes
BOUVORM- EN SKELETABNORMALITEITE
-
swak op abnormale
bene, op kootgewrigte en kloue?
-
bek- en
kopabnormaliteite
-
swak balans van
voor- en agterkwarte in verhouding tot diepte
-
swak spiere
SWAK AANPASSING BY DIE OMGEWING
Massa by geboorte is
hoogs oorerflik en daarom kan ’n bul waarvan die massa by
geboorte te groot is of wat kortgeboude kalwers produseer,
kalfprobleme veroorsaak. Gelukkig is daar ’n aantal hulpmiddels
vir die boer beskikbaar om hierdie abnormaliteite tot ’n minimum
te beperk. Daar is byvoorbeeld:
BEPLANNING
Die
boer moet op hoogte wees met die gebreke van sy koeie want dié
kennis sal bepalend wees vir die tipe bul wat hy benodig. Dit
kan nodig wees om korrektiewe paring toe te pas om sy
uiteindelike oogmerk te bereik. Die boer moet betyds, voordat
die paarseisoen begin, ’n bul vind.
INLIGTING
Die
boer benodig inligting omtrent ’n bul, byvoorbeeld sy massa by
geboorte, speenvermoë, naspeen-groeivermoë,
voeromsetdoeltreffendheid en grootte van die skrotum.
Hy benodig ook
inligting oor die prestasie van die bul se ouers en hul aanteelt
asook oor sy BLUP-teelwaardes.
ALGEMENE VOORKOMS
In hierdie verband is die volgende belangrik: manlikheid,
kleurdifferensiasie, robuustheid (sterk), waaksaamheid sonder om
temperamenteel te wees, spiere. Die eienskappe vroeër genoem,
moet ook in aanmerking geneem word.
OMGEWING
’n
Bul hoort verkieslik in ’n omgewing soortgelyk aan sy nuwe
omgewing gekoop te word. Die bul moet minstens drie maande
toegelaat word om by sy nuwe omgewing aan te pas voordat paring
begin. Hierdie periode kan nog langer wees indien sy vorige
omgewing substansieel van die nuwe omgewing verskil.
TOETSE
Dring
aan op ’n gespesifiseerde sertifikaat wat aan die regulasies van
die Veeartsenykundige Vereniging voldoen. Die bul moet ’n
behoorlike kliniese vrugbaarheidstoets ondergaan. ’n Sementoets
is nie voldoende nie, aangesien daar semen-abnormaliteite mag
wees wat nie deur ’n algemene vrugbaarheidstoets opgespoor kan
word nie.
AGRICULTURAL NEWS -
1998
|