|
Affiliation Breeds ►
AFRISIM TEELBELEID
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
‘n
Telersgenootskap of ras sonder ‘n gedefinieerde teelbeleid is
rigtingloos. Nieteenstaande die enorme omgewings-verskille
waaronder ons telers in Suid-Afrika boer is daar gemeenskaplike
doelwitte wat orals toepasbaar is. Ons wil ‘n dier teel wat
winsgewend sal produseer en waarvoor daar ‘n aanvraag in die bedryf
is. Die Afrisim teelbeleid, kan as volg opgesom word.
Reproduksie (
vrugbaarheid) geniet op alle vlakke die hoogste prioriteit. Onder
normale omgewingstoestande word verwag dat Afrisim koeie elke jaar ‘n
kalf in die lewe bring, doeltreffend grootmaak en speen.
Beoordelaars, keurders en eksaminatore by kursusse moet deurgaans
hieraan aandag gee en reproduksie voorop stel.
Seleksie
vir aanpasbaarheid.
Slegs diere wat behoorlik aangepas en gelukkig is in hul omgewing,
sal produseer. Konstitusie 9voorkoms van die dier ), gehardheid (
reaksie teenoor omgewings-stressors ) en aanpasbaarheid ( om in ‘n
omgewing te gedy en te produseer ) is basies dieselfde begrip en val
vir die doel hiervan almal onder hierdie doelstelling. Identifiseer
die koeie wat ook onder strawwe toestande reproduseer en produseer,
kyk hoe hulle lyk en plaas hulle prentjie in die teeldoelstellings.
Grootte.
As gevolg van die groot omgewings verskille waaronder ons telers
boer, asook verskille in bulkopers voorkeure, is dit onmoontlik om ‘n
minimum grootte en/of gewig voor te skryf. Weens negatiewe kenmerke
* wat met groter beeste ge-assosieër word, word die “middelweg –
grootte “ aanbeveel en moet daar by keuring, beoordeling en kursusse
teen te groot diere gediskrimineer word. (Hoër onderhoudsbehoeftes,
swakker konstitusie, later geslagsryp en swaarder geboortegewig en dus
kalfprobleme). Die oorgroot diere moet elimineer word eerder as om
oorboord te gaan deur almal klein te teel.
Die koei wat
in haar natuurlike omgewing jaarliks kalf en ‘n swaar kalf relatief
tot haar gewig speen ( 50% ), het die grootte wat die Genootskap
nastreef.
Binneras
variasie: Met die
groot variasie in omgewingstoestande is variasie tot binne die
teelbeleid noodsaaklik om die verskillende verbruikers-voorkeure te
akkommodeer. By binneras variasie verwys ons na raamgrootte en nie
na begrippe soos haarkleed, konstitusie en strukturele korrektheid
nie.
Gebruik
die oog en die skaal.
Daar is goeie presteerders met voorkoms foute asook kampioene wat swak
presteer. Keuring (voorkoms) en kalwingsrekord (reproduksie) is
verpligtend en prestasietoetsing 9 (gewigte) word sterk aanbeveel.
Doelgerigte toepassing van die teelbeleid word bewerkstellig d.m.v.:
-
verpligte
keuring vir registrasie;
-
opleidingskursusse vir telers en gevorderde kursusse vir
beoordelaars; en
-
deur
beoordelaars op skoue.
|